Boek-“Ruim jou rommel op” incl. SA Delivery

R247.00

AFRIKAANS VERSION avail in book and – E book. Praktiese riglyne om ontslae te raak van fisiese en emosionele wanorde. Kate se lewe en werkleuse is LEEF LIG, LEEF VRY en hierdie boek wys jou hoe om dit in jou lewe toe te pas.

SKU: KATE-005 Category:

Product Description

AFRIKAANS VERSION avail in book and – E book. Praktiese riglyne om ontslae te raak van fisiese en emosionele wanorde. Kate se lewe en werkleuse is LEEF LIG, LEEF VRY en hierdie boek wys jou hoe om dit in jou lewe toe te pas.

The quoted price is for South AFRICAN delivery only

OVERSEAS options please purchase ENGLISH VERSION on Amazon by CLICKING HERE 

AFRIKAANS E-BOOK VERSION – CLICK HERE 

Kate Emmerson, die Quick Shift Deva, het al duisende mense gehelp met haar unieke programme en deel nou haar passie vir en kundigheid oor hoe om op alle vlakke van jou rommel ontslae te raak met jou. Sy sal jou inspireer met haar diepgaande begrip van die sielkunde van rommel en hoe dit jou keer om die lewe te lei wat jy bestem is om NOU te doen.

  • Leer wat rommel eintlik behels deur ’n definisie wat jou sal bemagtig.
  • Leer hoe ineengevleg die drie aspekte van rommel is en hoe hulle mekaar gyselaar hou.
  • Sien die werklikheid van jou huidige rommel sonder skaamte of verwyte onder die oë.
  • Verstaan hoe rommel jou keer om aan te beweeg en die leuse, LEEF VRY, toe te pas.
  • Sien jou persoonlike stelsel wat jou saboteer onder die oë en waarom jy eintlik rommel het.
  • Bereken die finansiële koste van jou rommel akkuraat.
  • Skuif jou rommel op ’n praktiese wyse deur Kate se stap vir stap proses oor 28 dae te volg.
  • Bly gemotiveer sodat jy die oorweldigende gevoelens wat rommel meebring, kan hanteer.
  • Leer eenvoudige truuks, stappe en stelsels om in die toekoms in beheer te bly.Kate Emmerson het ’n graad in Bedryfsielkunde en ’n nagraadse diploma in Bedryfsverhoudinge aangevul deur haar ook as aromaterapeut en refleksoloog te bekwaam. Sy het ook professionele lewensafrigting in die VK bestudeer en sedertdien
    as lewensafrigter gewerk en op professionele basis rommel opgeruim. Verdere studies in NLP (Neuro-linguistiese Programmering) en EVT (Emosionele Vryheid-tegniek) stel haar in staat om die uitdagendste kliënte te hanteer wat haar nader om hul lewens te help verander.Kate is gedurig besig om artikels te skryf en die pers, televisie en radio ingesluit, skakel haar gereeld. Sy word ook telkemale versoek om as ’n deskundige tot tydskrif- en koerantartikels by te dra. Sy ruim self die rommel in huise en kantore in Suid-Afrika op, is ’n gewilde motiveringspreker en bied ondersteuning deur middel van haar innoverende aanlyn kursusse, Mastermind-groepe en lewensafrigting vir individue.

RESENSIES …  

“Daar is duisende self hulp programme wat elkeen ‘n oplossing belowe. Veral as dit kits oplossings is, voel mens skepties. Quick Shift Diva is anders – dis prakties, op die man (oftewel vrou ) af, maak sin en is getekstureerd. Sonder dom veralgemenings of gemeenplasings. Probeer dit gerus, en sien hoe jy wel jou lewe kan verander. Onthou net, die is die advies- jy moet nog steeds die werk doen. Viva Quick Shift Deva! 
Lizz Meiring – 
aktrise, dramaturg, skrywer, regisseur, spreker en glimlag-maker!

“Kate deel duidelike, uitvoerbare en doodeenvoudige wenke oor hoe om jou lewe te bevry en te keer dat jou lewe beheer en beperk word deur te veel goed om en in jou.”
Dorianne Cara Weil: “Dr. D” radio- en TV-kletsprogramaanbieder

“Volgens die Bybel is dit beter om te gee as om te ontvang, maar tog leef ons in ’n wêreld wat obsessief is daaroor om ‘meer’ te hê. Dit maak Kate se direkte benadering tot rommel uiters verfrissend – en dan praat ek nie eers van die praktiese bewyse dat minder meer is nie.”
Dr. Michael Mol, uitvoerende vervaardiger

page88image43696
page88image43968
page88image44240
page88image44512
page88image44784
page88image45056
page88image45328
page88image45600
page88image45872
page88image46144
page88image46416
page88image46688
page88image46960
page88image47232
page88image47504
page88image47776
page88image48048
page88image48320

“Toe ek hierdie boek begin lees het, het ek gedink dat dit nie eintlik op my lewe van toepassing sou wees nie. Glo my vry as ek sê dat jy dit sal wil lees, selfs al dink jy dat jy dit nie nodig het nie. jy sal die praktiese stappe wat Kate sagkens dog ferm, maar deurentyd met ’n humoristiese aanslag aanbeveel, deel van jou lewe wil maak … Dis ’n wonderlike boek om te lees … en baie bemagtigend, selfs vir ’n eenvoudige tuinier soos ek!”
Tanya Visser: Tydskrifredakteur, TV-aanbieder en tuin-ghoeroe
“Hierdie boek verander lewens. Dit strek soveel dieper as om net ’n mooi sitkamer te hê. Dit gaan daaroor om goed te laat gaan, om dapper te wees en vertroue te hê …”
Natasha Sutherland: Skrywer, aktrise en motiveringspreker

“Die wonderlike balans tussen nuttige inligting, stories en doodeenvoudige praktiese riglyne wat maklik is om te volg, waarborg dat lesers die prosesse tot op die einde sal deurvoer en gevolglik hul lewens sal verbeter.”
Dr. Colin la Grange

“Ruim jou rommel op is nie net ’n boek waaruit jy self baie baat sal vind nie, maar as jy wil hê dat mense sukses moet smaak, sal jy dit ook vir hulle present gee.”
Timothy Maurice Webster: Skrywer

“Kate se boek is toeganklik, spreek direk tot die leser en is in ’n geselstrant geskryf wat dit baie aanloklik maak. Sy lei die leser soos ’n vriend of vriendin deur elke fase; haar benadering is teer, maar soms ook ferm sodat jou spasie ligter en ruimer sal wees.”
Bonita Nuttall, TV-aanbieder en sleutelspreker

“Dit is die BESTE boek wat ek nog gelees het oor hoe om jou rommel op te ruim … Dis eenvoudig briljant – en briljant omdat dit so eenvoudig is. Ek is mal daaroor!”
Fiona Harrold, skrywer en lewensafrigter

“Ruim jou rommel op is ligte en inspirerende leesstof – ’n móét in elke huis. Waarvan ons die meeste gehou het, is dat die boek nie net daaroor handel om van die rommel in jou huis ontslae te raak nie, maar dat dit jou ook help om jou persoonlike en fisiese rommel op te ruim.”
Isarae en Bernard Seeff, WPO-voorsitter 2012/13
“Ek is heeltemal versot op hierdie boek! … Ek koop dit ook vir al my kollegas in die kantoor, my vriende en familie …”
Florence Niemann, The Fountainhead (Pty) Ltd

“As jy al ooit op enige vlak gesukkel het om jou ruimte rommelvry te hou, sal Kate se positiewe raad jou vinnig help. Haar klaarheid en praktiese stelsels sal jou liggaam, gees, hart en huis bevry van wat dit ook al is wat blokkasies of hindernisse in jou lewe veroorsaak.”
Tiamara Williams: President van Inspiring Lives Global, TV-aanbieder en skrywer
“Pasop! Voor jy die laaste bladsy van hierdie boek gelees het, sal jy begeesterd aan die werk spring en jou ruimte opruim. Dit sal jou inspireer en besiel, en is op soveel vlakke sinvol dat jy op ’n heel ander manier na jou rommel sal begin kyk – en dit nie sommer in jou lewe sal toelaat nie.”
Tracy Melass: Mediakonsultant
“Ruim jou rommel op is propvol sielkundige faktore wat met rommel gepaardgaan en stap-vir-stap raad wat jou op ’n praktiese reis sal neem om dit daadwerklik op te ruim sodat jy kan doen wat jy bestem is om te doen.”
Fiona Davern: Uitvoerende redakteur, Destiny-tydskrif (artikels)
“Dis onmoontlik om Ruim jou rommel op te lees en nie iets te skuif, weg te gee of van iets ontslae te raak nie. Lees Kate se manifesto oor hoe om van rommel ontslae te raak – haar omskrywing van rommel (‘enigiets wat nie meer vir jou van nut is nie’) sal jou bybly as ’n stemmetjie wat jou gereeld sal inspireer om van goed ONTSLAE TE RAAK.”
Natalie Uren: Mentor

Please be sure to add a note about your nearest POST OFFICE  when you go through to the shopping cart so we can get your copy to you asap. We will send you the tracking number for tracing.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Boek-“Ruim jou rommel op” incl. SA Delivery”

Your email address will not be published.